Hollywood Heiligheid

Dit is hoog tyd om te praat teen Hollywood heiligheid en die vermaaklikheidsbedryf saligheid wat nou die huis van God besmet. Hoe hartseer moet die hart van God nou wees om so baie mense te sien wat hulleself Christene noem en hulleself besoedel en besmet by die duiwel se tafel. Daar is ‘n kanker van wêreldsheid wat in die kerk groei.

God het my nie geroep om die kerk skoon te maak nie. Ek is nie een of ander superheilige wat ander wat nie wil leef volgens my persoonlike standaarde oordeel nie. Ek is net ‘n gewone, eenvoudige Christen wat gebelg is deur al die sielsagtige, sensuele, wêreldse invloede wat in die kerk insluip. Dit is tyd om regverdige oordeel te fel en die goddelose neigings wat ‘n bespotting van heiligheid maak aan die kaak te stel. En, mag God my help om dit in liefde te doen, sonder om doelbewus iemand seer te maak.

Laat my begin deur ons almal te herinner aan wat God vereis van almal wat sê dat hulle weergebore is. God se Woord beveel ons om “weg te breek” van en “uit te kom” onder die gees van hierdie wêreld.

“Moenie in dieselfde juk trek saam met ongelowiges nie, want watter deelgenootskap het die geregtigheid met die ongeregtigheid, en watter gemeenskap het die lig met die duisternis? En watter ooreenstemming het Christus met Bélial, of watter aandeel het die gelowige met die ongelowige? Of watter ooreenkoms het die tempel van God met die afgode? Want julle is die tempel van die lewende God, soos God gespreek het: Ek sal in hulle woon en onder hulle wandel, en Ek sal hulle God wees, en hulle sal vir My ’n volk wees. Daarom, gaan onder hulle uit en sonder julle af, spreek die Here; en raak nie aan wat onrein is nie, en Ek sal julle aanneem” (2 Korinthiërs 6:14-17).

*Daar is Charismatiese Christene wat sê dat hulle gevul is met die Heilige Gees wat steeds bier, wyn en whiskey drink. Die tong wat “met hemelse tale spreek” is gedoop in alkohol en omhul met rook. Rook is ‘n vernietigende gewoonte, maar baie Christene weier steeds om hierdie gewoonte te laat staan. “Christene” wat drink verdoem baie jongmense wat verwar word met dubbele standaarde. My Bybel sê:

“Terwyl ons dan hierdie beloftes het, geliefdes, laat ons ons van alle besoedeling van die vlees en die gees reinig, en laat ons die heiligmaking in die vrees van God volbring” (2 Korinthiërs 7:1).

Dagga rokende, pil slukkende tieners kom na my toe met hierdie vraag: “Hoe kan daardie mense wat sigarette rook en alkohol drink ons blameer vir dagga rook of pille en dwelms sluk? Hulle het hulle eie gewoontes en dit is net so sleg. Hulle is die ergste soort skynheiliges. Kry hulle sover om reg te kom voor jy ons uit ons tipe gewoontes probeer preek.”

Wat my die ergste pla, is die verskriklike invloed wat die gewoonteverslaafde neo-Charismate op bekeerlinge het. Ek kom hierdie verwarde kinders oral in die land teë. Jong Christene met yskaste vol bier. Sommige van hulle kettingrook sigarette. Ander lê permissief rond en verlustig hulle in seks buite die huwelik. En wanneer jy hulle berispe oor hulle losse sedes, steek hulle die vinger uit na al die predikers, die Katolieke en Protestante Charismate wat Bybels dra, in tale spreek en steeds drink en rook.

Dank God vir die meerderheid wat hulleself gereinig en hulle ou gewoontes laat staan het. Maar daar is steeds honderde wat konferensies, seminare, en gebedsgroepe bywoon, wat steeds verslaaf is aan die gewoontes van die vlees. Die Heilige Gees het soveel lig op hierdie onderwerp gewerp dat slegs blinde, dowe Christene dit kan ignoreer. Die kerk het ‘n Heilige Gees monduitspoel nodig. God sal nie langer toelaat dat aanbidders Sy bovertrek met rook vul – of hulle lofoffers besmet met ‘n asem wat ruik na alkohol nie.

*Ja, ek is baie omgekrap oor Gees-vervulde Christene wat drink – selfs wyn drink! Gedeeltelik omdat twee miljoen kinders nou op die randjie daarvan is om alkoholiste te word. En, omdat Amerikaners tienmiljoen dollar op drank sal spandeer hierdie jaar – terwyl duisende honger ly. Omdat wyn ‘n bespotter is! Omdat die tong wat God prys, nie in alkohol gedoop behoort te wees nie. Omdat dit so ‘n verskriklike voorbeeld is vir jongmense, wat ‘n totale gebrek aan selfbeheersing en wysheid openbaar. Maar die ergste van alles, ek is omgekrap oor die feit dat drinkende Christene in ongeloof lewe. Hulle kom nie onder Sy vlerk vir die reiniging van hulle aptyte nie. Hulle is nie tevrede met die Gees se nuwe wyn alleen nie. Hulle wil die wêreld se wyn ook hê. Jesus sal sê –

“Ek het jou siel met my hemelse wyn gevul – waarom het jy nie toegelaat dat dit jou volkome versadig nie? Waarom het jy getalm by die beker wat rooi is van wyn? Waarom het jy met die bespotter gespeel? Waarom die vleeslike begeerte in jou lewe na sterk drank? Kon jy nie na My gekom het en “vrylik gedrink” het nie?”

*Hollywood heiligheid word bevorder deur beroemdes wat sê hulle is weergebore maar wat voortgaan om ‘n dubbele lewe te lei. Hulle spring heen en weer tussen gebedsbyeenkomste en nagklubs. Vir ‘n aansienlike fooi, tree hulle op voor Christelike gehore, draai dan om en kollekteer die vet tjeks van dobbelcasino’s, wêreldse konserte, nagklubs en drankinstellings.

Jy kry hierdie Hollywood Christene van Nashville af tot in Beverly Hills. Hulle sê dat Jesus hulle teruggeroep het na die ou wêreld sodat hulle “’n getuie” kan wees. Hulle beweeg met groot gemak tussen die rondreisende rykes; hulle het hulle wêreldse assosiasie met filmsterre en beroemdes lief; hulle smag na die aandag en respek van ander kunstenaars en die elite. Maar hulle wil die gemeenskap en respek van God se kinders ook hê.

Wat ‘n bedrogspul! Wat ‘n belediging vir die intelligensie van ‘n heilige God! Trouens, hierdie half-in, half-uit Christene, gebruik godsdiens op ‘n selfdienende manier. En, godsdiens gebruik hulle – om geld mee te maak en skares mee te trek. Maar, dit maak nie saak hoe groot die skare is nie, dit maak nie saak hoeveel goeie dinge gebeur nie – dit is steeds dodelik verkeerd om met die wêreld te meng en terselftertyd te poog om ‘n Christelike getuie te wees. Hy wat ‘n vriend van die wêreld is, is ‘n vyand van God.

Die Hollywood Christene wat aan hulle ou lewe vasklou as gevolg van die goeie geld, die mag, die invloed en die eer. Anders sou hulle gewillig wees om die skande van die nederige Nasaréner te dra wat gesê het –

“Salig is julle wanneer die mense julle haat, en wanneer hulle julle verstoot en beledig en jul naam weggooi soos iets wat sleg is, ter wille van die Seun van die mens” (Lukas 6:22).

Kom uit daardie nagklubs uit – breek weg van daardie pierewaaier skare – hou op om in daardie vuil kroeë en casino’s op te tree – verlossing en die vermaaklikheidsbedryf kan nie meer meng nie. ‘n Dag van afrekening kom gou!

*Hollywood word aangewend om te help om sekere spesiale godsdienstige TV-programme te bevorder. Welbekende evangeliste vervaardig hierdie programme en dit handel oor die verkondiging van die evangelie saam met verskynings met sommige van die mees goddelose beroemdes in die land. Een ster het die een week in ‘n whiskey advertensie verskyn; die volgende week was hy in dieselfde advertensie saam met ‘n evangelis wat sy “spesiale Christelike program” bevorder het. Wat ‘n stank in God se neus! Watter gemeenskap het geregtigheid met ongeregtigheid? Watter reg het die seuns van Belial en die kinders van die duiwel om te verskyn op dieselfde program wat voorgee om Christus te verheerlik?

Heiliges van God, moenie mislei word nie! Dit is verskriklik verkeerd! En God sal dit nie langer duld om aan te gaan nie. Hierdie bedienaars wat die vleiery en vriendskap van die Hollywood skare so liefhet, mislei hulleself.

Jesus het sondaars liefgehad. Hy het saam met hulle geëet. Maar elke oomblik was deurgebring om hulle te vermaan, te bestraf en hulle tot bekering te roep. En, Hy het ‘n groot geestelike afstand gehandhaaf tussen Homself en die sondaar.

“Daarom kan Hy ook volkome red die wat deur Hom tot God gaan, omdat Hy altyd leef om vir hulle in te tree. Want so ’n hoëpriester was vir ons gepas, een wat heilig, onskuldig, onbesmet, afgeskeie van die sondaars is, en wat hoër as die hemele geword het” (Hebreërs 7:25,26).

Bid dat God hierdie evangeliste sal oortuig van sonde en hulle terugbring na die eenvoud van die suiwer evangelie. Ons durf nie hulle opregtheid of begeerte om siele te wen in twyfel trek nie. Maar hulle oordeel moet bevraagteken word.

*Die gevaar is hierin! Christene klap dalk hande waar hulle veronderstel is om te ween. Is dit moontlik dat ons diegene wie se werke ‘n gruwel is vir die Here in gemeenskap ontvang? Loof ons een of ander nuwe werk as van die Gees, iets wat ‘n stank in God se neus is? Is ons so bekoor met die majestueuse uitstorting van God se Heilige Gees dat ons nie meer kan onderskei tussen dit wat goddeloos is en dit wat regverdig is nie?

*”Wedergebore” Christene wat bondgenote word van die wêreld, is skuldig aan geestelike owerspel! Hulle is skuldig aan teruggaan na Egipte, waaruit hulle getuig het hulle eens verlos was! Hulle besoek en omhels dit wat gehaat moet word deur almal wat Jesus waarlik liefhet.

*Dit is nie die tyd om saam met goddelose mense in goddelose plekke te wees nie. Dit is ‘n tyd om te besef dat ons God ‘n jaloerse God is. Dit is tyd om ons los te maak van die wêreld en alles waarvoor dit staan. Dit is moontlik om aktief vir God te wees in hierdie besige wêreld sonder dat die wêreld in jou inkom.

*Watter geestelike onbeskaamdheid word deur so baie nuwe bekeerlinge vertoon. Hulle prys ons God met ywer en kinderlike opregtheid, draai dan om en prostitueer deur verbintenisse met kinders van die duiwel.

*Die kerk het ‘n uitstorting van die Heilige Gees beleef. Nou gaan die kerk ‘n reiniging beleef. Jesus gaan die kaf van die koring skei.

“Sy skop is in sy hand, en Hy sal sy dorsvloer deur en deur skoonmaak en sy koring in die skuur saambring, maar die kaf sal Hy met onuitbluslike vuur verbrand” (Matthéüs 3:12).

*Dit wat dikwels hoog geag word deur mense, is dikwels ‘n gruwel vir die Here. Ek hoor bedienaars wat bekeerlinge onder die beroemdes verhef, al roem hulle daarop dat hulle teruggaan na hulle ou loopbane en dieselfde ou dinge doen, en met dieselfde ou goddelose skare meng – en Christene dan waarsku om nie van hierdie nuwe reëling sleg te praat nie. Watter vermetelheid! Watter verskriklike blindheid!

Nee! Nee! ‘n Duisend keer nee! Ek sal sê dit is verkeerd! Ek sal dit veroordeel! Ek sal dit uitskreeu van die dakke af!

“God lei nie bekeerlinge terug na die wêreld toe nie! Die Heilige Gees het nie vir hierdie mense gesê om terug te gaan na die helhole en dronk losbolle te vermaak nie! Die Heilige Gees lei nie ware gelowiges na kroeë, jazz-sale, resiesbane, pierewaarierklubs, nagklubs, Las Vegas of enige ander sondige plek, “net om te vermaak” nie.

*Mag God ons vergewe omdat ons nie uitgevaar het teen hierdie besoedeling van God se huis – hierdie besoedeling van Sy heilige Naam – hierdie gruwelike poging om Christus te laat deelneem aan ons sondes nie. Ons is skuldig daaraan om mense se eie permissiewe idee’s as normale Christenskap te aanvaar.

O, hoe verkeerd is dit!

*God het nie ‘n TV-evangelis geroep om goddelose Hollywood akteurs groot fooie te betaal om op godsdienstige “Specials” te verskyn nie. Owerspelige, dronk, vroue-omruilende goddelose mense moenie as geëerde gaste verskyn saam met evangeliste nie. In plaas daarvan, behoort hierdie kunstenaars in die publiek bestraf te word omdat hulle so openlik pronk met hulle sonde.

*Ek sien skynheiligheid in sekere groot manne van God, en ek wil daarteen praat. Dan onthou ek dat Dawid nie aan Saul, God se gesalfde dienaar, skade wou doen nie, al het hy mal geword. Daarom bly ek stil.

Dan lees ek van Paulus wat daardie belangrike man, Petrus, bestraf het vir skynheiligheid. Petrus het vir ‘n rukkie ‘n dubbele lewe gelei. By heidene, het hy soos ‘n heiden geleef. Maar op sy beurt, het hy van heidene verwag om Joodse wette te onderhou wat hy self nie altyd onderhou het nie. Daarom het Paulus hom “openlik teëgestaan...” omdat hy nie volgens die waarheid van die evangelie opgetree het nie. Paulus het Petrus gewaarsku teen “opbou wat ek afgebreek het.” Hy was gesê hy “verwerp...die genade van God” (Galásiërs 2). Petrus was deur Paulus bestraf omdat hy Barnabas en “ander Jode” tot skynheiligheid gelei het deur sy voorbeeld.

Let op – Paulus het gesê, “Maar toe Petrus in Antiochíë gekom het, het ek hom openlik teëgestaan, omdat hy veroordeeld gestaan het” (Galásiërs 2:11). Dit was in die publiek gedoen en in ‘n ope brief aan die Galásiese gelowiges. Paulus was nie kwaad vir Petrus nie, maar slegs vir sy dubbele standaarde. Trouens, Paulus hou hê almal moes weet dat Christus “die evangelie vir die besnedenes” aan Petrus toevertrou het. Hy het met blydskap erken dat God se salwing effektief gewerk het in Petrus se bediening aan die Jode.

*Ek is nie ‘n apostel nie, maar ek is seker dat as Paulus vandag sou geleef het, sou hy al die gesalfde mans en vroue van God wat nie “reguit loop volgens die waarheid van die evangelie nie,” “openlik teëgestaan” het. Hy sou ‘n ope briewe geskryf het aan hierdie “geveinsdes” sodat die hele kerk kon lees en gewaarsku wees om nie weggelei te word tot die dieselfde soort skynheiligheid nie.

Paulus sou ‘n ope brief skryf aan elke wedergebore beroemde bekeerling van Nashville af tot in Beverly Hiss. Paulus sou van aangesig tot aangesig vir hulle sê wat hy in groot liefde vir Petrus gesê het – “Dit is jou skuld.” Dit is dieselfde ding, net die name het verander. Paulus sou in hulle die groot roeping erkening gee, die wonderlike salwing van Christus in hulle lewens, die effektiewe bediening wat aan hulle toevertrou is. Maar sou dan uitroep, “Hoe kan hulle weer dinge opbou wat julle eens vernietig het? Hoe kan julle een ding wees vir Christene en ‘n ander ding vir sondaars? Hoe kan julle teenoor die wêreld getuig dat julle ou lewe verby is en dat alle dinge nuut gemaak is – maar julle gaan terug na die ou lêplekke, en vermaak die ou skare – en bou weer daardie dinge op wat julle sê verwoes was?”

Paulus sou vir alle bekeerde beroemdes en politici sê – “Julle moenie langer meegesleur word deur die skynheiligheid van dubbele standaarde nie – omdat julle jong bekeerlinge en ander dissipels meesleur met julle slegte voorbeeld.”

Dit het my onlangs so hard getref toe ‘n jong bekeerling vir ons gesê het dat hy “bid” vir ‘n loopbaan in Las Vegas. Hy wou ‘n Christelike kunstenaar wees “soos.......,” wat vrylik in beide wêrelde beweeg.

*Paulus het later gevra, “Het ek dan julle vyand geword deur julle die waarheid te vertel?” (Galásiërs 4:16). Ook, “Julle het goed geloop: wie het julle verhinder om die waarheid gehoorsaam te wees?... ’n Bietjie suurdeeg maak die hele deeg suur” (Galásiërs 5:7,9).

Paulus het gesê, “Want julle is tot vryheid geroep, broeders; gebruik net nie julle vryheid as ’n aanleiding vir die vlees nie” (Galásiërs 5:13).

In Efésiers, skryf Paulus, “En hou nie gemeenskap met die onvrugbare werke van die duisternis nie, maar bestraf dit liewer” (Efésiërs 5:11).

“Sodat Hy die gemeente voor Hom kon stel, verheerlik, sonder vlek of rimpel of iets dergeliks; maar dat dit heilig en sonder gebrek sou wees” (Efésiërs 5:27).

“Sodat julle rein en vir niemand ’n aanstoot mag wees nie, tot op die dag van Christus” (Filippense 1:10,11).

*Paulus was bekommerd omdat Christene nie die sedelike verval binne die kerk betreur het nie.

“En tog is julle opgeblase in plaas dat julle liewer getreur het, sodat hy wat hierdie daad gedoen het, kan verwyder word onder julle uit” (1 Korinthiërs 5:2).

Paulus het geskryf:

“Ek het julle in my brief geskrywe om nie met hoereerders om te gaan nie” (1 Korinthieërs 5:9).

Paulus het ook geskryf:

“Maar nou skryf ek aan julle om nie om te gaan met iemand wat, al staan hy as ’n broeder bekend, ’n hoereerder is of ’n gierigaard of ’n afgodedienaar of ’n kwaadspreker of ’n dronkaard of ’n rower nie; met so iemand moet julle selfs nie saam eet nie” (1 Korinthiërs 5:11)

*Ons kan nie “die wat buite is, oordeel” (1 Korinthiërs 5:12) nie.

Ons moenie eens eet of assosieer met ‘n Christen broer wat hoereer of gierig is nie – hoeveel te meer moet ons verbind wees aan hulle wat gebrek ly?

Dink jy ooit dat God sou toelaat dat ons gemeenskap sou hou saam met hoereerders – buite – wanneer hy dit nie binne die kerk sal toelaat nie?

Die apostel erken ons sal skouers moet skuur, in en uit moet gaan onder die goddeloses – anders sou ons hierdie wêreld moes verlaat. Maar, ons moet “afgesonder van sondaars” bly.

*Wêreldsheid is nie net rook, drink, dans en meng met die wêreld nie. Wêreldsheid is “om dit op ons eie te doen” – om dit op óns manier doen – terwyl ons op ons eie gedagtes en begrip vertrou – ons eie planne gebruik – op onsself steun – glo in ons eie vermoëns – in plaas van om te rus onder Sy vlerke!

*Waarom gaan beroemde Christene terug na hulle ou lêplekke om te vermaak? Waarom sou hulle steeds betalings ontvang van goddelose mense in die vermaaklikheidswêreld? Omdat hulle nie werklik glo dat Jesus vir hulle die leefstyl kan voorsien waaraan hulle gewoond is nie. Uit die wêreld kom, sou beteken “om die Here ten volle te vertrou.” Min is bereid om daardie soort vertroue in ons Here te hê. Hulle vertroue in Jesus sluit nie kontrakte, vertoningsdatums en residuele inkomste in nie.

*Ek dink ek weet hoe die Here die vermengers sal oordeel. Nie soseer vir skouers skuur met die goddelose mense, of om in goddelose, sondige plekke op te tree nie. Nie net vir drink, rook of sosialeer met die rondreisende rykes nie. Nee! Hulle sal heel waarskynlik geoordeel word vir hulle gebrek aan geloof in Christus! Hulle kon nie glo dat Christus hulle sou help om aan te pas by ‘n volkome afgesonderde lewe nie. Hulle het geweier om te glo dat Jesus hulle kon help om al die roem, voorspoed, en erkenning te verwerp nie. Geen geloof dat Jesus ‘n nuwe en betekenisvolle loopbaan kon voorsien nie – een wat nie geestelike owerspel sou vereis nie.

*Jesus sal sê, “Jy het My al jou lippediens gegee, maar jy het jou eie loopbaan bestuur! Jy het nie “uit” die wêreld gekom nie omdat jy nie volkome “onder My vlerk” ingekom het nie!

Jesus is tans hard aan die werk en wan sy dorsvloer uit. Hy gaan al die kaf – al die persmissiwiteit – al die kompromie – al die dubbele standaarde – al die verskonings uit Sy huis vee. Wat oorbly sal in sy skure bymekaargemaak word.